Kinders

HomeKinders

Welkom by ons Kinderbediening!

Ons bediening is ‘n omvattende plek waar ons ons passie en liefde vir kinders uitdra. Ons bied ‘n veilige en ondersteunende omgewing waar kinders kan groei en ontdek. Deur middel van gebed, speel, en leer, wil ons kinders help om ‘n sterk band met God te vorm, hulle geloof te versterk en ‘n dieper begrip van die Christelike beginsels te kry. Ons span van toegewyde en liefdevolle leiers staan gereed om elke kind se reis te ondersteun en aan te moedig. Ons glo dat kinders die toekoms is, en ons wil hulle help om ‘n sterk Christelike fondasie te bou wat hulle sal help om ‘n betekenisvolle en vervulde lewe te lei.

WIKKELWURMPIES (2 jaar-Gr.R)
Ons nooi al ons jong maats uit na ons Wikkelwurmpies, waar ons saam met ons Poppekaspoppe leer van Jesus. Ons kuier almal saam in die saal waar ons  saam sing en na ons Poppekasstorie luister en dan ‘n lekker aktiwiteit doen waarmee mamma en pappa kan help.

Waar? Ons kom eers almal saam in die kerk bymekaar waar ons lekker saam sing en vir mekaar hallo sê.Daarna verdaag die kinders (en ouers wat wil saamgaan) na die saal toe.

Mammas en Pappas: Indien jul op hoogte wil bly oor wanneer daar Wikkelwurmpies is, of enige ander inligting aangaande Wikkelwurmpies, stuur asseblief ‘n whatsapp boodskap na 072 178 9442 om deel te word van die inligtingsgroep.

KINDERKERK (GR.1 – 6)
Ons nooi al ons kinders uit na ons Kinderkerk, waar ons saam die Here aanbid en van die Here leer. Ons begin almal saam in die kerk en van daaraf gaan ons na ons kleingroepies waar ons verder leer en kuier.

Waar? Ons kom eers almal saam in die kerk bymeaar en gaan na die lofprysing en aanbidding na ons kleingroepies in die vierkant.

Mammas en Pappas: Indien u kind nog nie ingeskyf is nie, kan u die kategese aanlynvorm invul en na elrikavh82@gmail.com  stuur, of whatsapp ‘n boodskap na 072 178 9442.

Kontak

Krisna Kleinhans
082 079 4464

Ds Elrika Esterhuizen
072 178 9442
elrikavh82@gmail.com 

Wanneer

Sondae 09:30 – 10:30

Waar

Ng Robertson Oos
Vierkant

Wil jy betrokke raak?

Sluit by ons Vrywilligerspan aan

As u ‘n vrywilliger by ons kerk wil word kontak ons gerus of laai u aansoekvorm af

bid, groei, en deel met ons

Ander Bedieninge