Welkom by ons Jeug en Familiebediening!
Ons bediening is toegewyd aan die ondersteuning en geestelike groei van die jeug en gesinne in ons gemeenskap. Ons bied ‘n veilige en liefdevolle omgewing waarin jongmense en hul families kan groei in hul geloof, persoonlike verhoudings kan bou, en ‘n dieper begrip van die Christelike beginsels kan ontwikkel. Ons bied ‘n verskeidenheid van aktiwiteite, insluitende eredienste, Bybelstudie, gebedsgroepe, en maatskaplike geleenthede om die gemeenskap te versterk. Ons glo in die krag van gebed, die betrokkenheid van ons jeug en gesinne, en die verspreiding van Gods liefde en genade in ons wêreld. Ons nooi jou uit om deel te word van ons groep en saam met ons te bid, te groei en te deel in hierdie geestelike reis
@THIN SPACE
“@Thin Space”, is ons interkerklike Jeugaksie vir tieners van Graad 8 tot Graad 12.
Hoekom die naam? Wel, ‘n “thin space” is ‘n plek waar dit voel of die hemel nader aan jou is as enige ander plek. Met ander woorde, jy voel nader aan God. Jy voel sy teenwoordigheid en hoor sy stem beter wanneer jy by so ‘n “thin space” is.
Dink aan Jakob se droom by Bet-El in Genesis 28. Moses op berg Sinai. Paulus en Silas in die tronk. So is daar baie voorbeelde in die Bybel waar mense naby aan God gevoel het op spesifieke plekke.
Hierdie jeuggeleenthede word interkerklik aangebied met NG Robertson-Oos, AGS Kentrikos en NG Moedergemeente wat saam hande neem om ons jeug op so wyse saam te bedien.
By “@Thin Space” skep ons 4 groot jaarlikse geleenthede (een geleentheid per kwartaal) waar tieners en jongmense net saam met hulel portuurgroep kan kom ‘wees’, en oomblikke van “Thin spaces” kan kom ervaar om uiteindelik so te leef dat orals waar hulle kom ‘n “thin space” is omdat hulle heeltyd bewustelik leef in God se Koninkryk, in Sy teenwoordigheid.
Hierdie jaar wil @Thin Space jou uitnooi na:
#Imagine: 21 – 23 Maart by Bredadorp
Youth Worship night: 8 Mei om 18:30 by Robertson-Oos Gemeentesentrum
Mighty Men naweek: 6-8 September
3 November: Koffie en kuier aand by AGS Kentrikos se “Coffee shop”
Vir enige navrae kontak Elrika by 0721789442.
Tienergroepe
Gr.7 tienergroep kom elke Sondag na die oggend erediens by die @Thin Space Lokaal in die vierkant bymekaar.
Vir navrae: Christiaan Visser – 0825804083
Gr.8 en 9 tienergroepe kom na afloop van erediens in die Raadsaal bymekaar waar hulle ‘n leierskapkursus van John Maxwell saam met René Best doen.
Vir navrae René Best: 0823913751
Die Gr.10 tieners begin met hulle Belydenisjaar. Hulle loop ‘n 2-jaar pad saam met Ds Elrika Esterhuizen. Hulle kom na afloop van die erediens in die Jeugkantoor in die vierkant bymekaar.
Vir navrae: 0721789442
Die Gr.11 tieners is in hulle finale belydenisjaar en stap ‘n pad saam met Ds Johan Dorfling. Hulle kom in die konsistorie bymekaar.
Vir navrae: 0825683910
Kontak
George Lotter
083 200 0051
Ds Elrika
072 178 9442
Wanneer
Weeksdae: 08:30 – 16:30
Sondae: 9:30 – 10:30
Waar
Ng Robertson oos
Vierkant