WIKKELWURMPIES (2 jaar-Gr.R)
Ons nooi al ons jong maats uit na ons Wikkelwurmpies, waar ons saam met ons Poppekaspoppe leer van Jesus. Ons kuier almal saam in die saal waar ons saam sing en na ons Poppekasstorie luister en dan ‘n lekker aktiwiteit doen waarmee mamma en pappa kan help.
Hoe laat? 09:30
Waar? Ons kom eers almal saam in die kerk bymekaar waar ons lekker saam sing en vir mekaar hallo sê.Daarna verdaag die kinders (en ouers wat wil saamgaan) na die saal toe.
Mammas en Pappas: Indien jul op hoogte wil bly oor wanneer daar Wikkelwurmpies is, of enige ander inligting aangaande Wikkelwurmpies, stuur asseblief ‘n whatsapp boodskap na 072 178 9442 om deel te word van die inligtingsgroep.
WIKKELWURMPIES AANLYNSTORIES:
KINDERKERK (GR.1 – 6)
Ons nooi al ons kinders uit na ons Kinderkerk, waar ons saam die Here aanbid en van die Here leer. Ons begin almal saam in die kerk en van daaraf gaan ons na ons kleingroepies waar ons verder leer en kuier.
Hoe laat? 09:30
Waar? Ons kom eers almal saam in die kerk bymeaar en gaan na die lofprysing en aanbidding na ons kleingroepies in die vierkant.
Mammas en Pappas: Indien u kind nog nie ingeskyf is nie, kan u die kategese aanlynvorm invul en na elrikavh82@gmail.com stuur, of whatsapp ‘n boodskap na 072 178 9442.
KINDERKERK AANLYNSTORIES

@THIN SPACE
“@Thin Space”, is ons interkerklike Jeugaksie vir tieners van Graad 8 tot Graad 12.
Hoekom die naam? Wel, ‘n “thin space” is ‘n plek waar dit voel of die hemel nader aan jou is as enige ander plek. Met ander woorde, jy voel nader aan God. Jy voel sy teenwoordigheid en hoor sy stem beter wanneer jy by so ‘n “thin space” is.
Dink aan Jakob se droom by Bet-El in Genesis 28. Moses op berg Sinai. Paulus en Silas in die tronk. So is daar baie voorbeelde in die Bybel waar mense naby aan God gevoel het op spesifieke plekke.
By “@Thin Space” skep ons die geleentheid vir tieners om nader aan mekaar te beweeg, maar belangriker, om ‘n ruimte te skep waar elke tiener nader aan God kan kom, in kontak met God se koninkryk kan kom, om uiteindelik so te leef dat orals waar hulle kom ‘n “thin space” is omdat hulle heeltyd bewustelik leef in God se Koninkryk, in sy teenwoordigheid.
Ons kuier elke Sondag vanaf 17:00 – 19:00 saam in die “@Thin Space” lokaal in die vierkant.
WAT DOEN ONS: AANBIDDING / UITREIKE / BESOEKE / GESELS EN KUIER SAAM
Stuur ‘n Whatsapp na 072 178 9442 as jy wil weet wanneer wat by @Thin Space gebeur.
Tienergroepe
Vanaf 2022 werk ons Tienergroepe as volg:
Gr.7 tienergroep kom elke Sondag na die oggend erediens bymekaar.
Vir navrae – 0721789442
Gr.8 tienergroep kom elke Sondag na die oggend erediens bymekaar. George Lotter stap ‘n pad saam met hierdie groep.
Vir navrae – 0721789442
Gr.9 tieners vergader na afloop van erediens in die Raadsaal waar hulle ‘n leierskapkursus van John Maxwell saam met René Best doen.
Vir navrae – 0823913751
Die Gr.10 tieners begin met hulle Belydenisjaar. Hulle loop ‘n 2-jaar pad saam met Ds Johan Dorfling. Hulle kom na afloop van die erediens in die Konsistorie bymekaar
Vir navrae – 0825683910
Die Gr.11 tieners is in hulle finale belydenisjaar en stap ‘n pad saam met Ds Elrika Esterhuizen.
Vir navrae – 0721789442
WIL JY GRAAG MET IEMAND GESELS?
Kontak / Whatsapp vir Ds Elrika by 072 178 9442.