VroegKersfees met Nataniël

Nataniël verbreek sy eie dekades-lange tradisie van ’n jaareinde-teaterproduksies en bied vanjaar slegs ’n paar unieke Kerskonserte aan. Inspirerend, vertroostend, dramaties, opwindend, humoristies, tydloos en eenmalig, VroegKersfees kan nie misgeloop word nie! Kom vier, bedink, huldig en bepeins ’n vreemde, oorweldigende, opwindende en historiese jaar! Hierdie inspirerende konsert met oorspronklike komposisies, nuwe verwerkings van tradisionele Kersmusiek, immergroen Kersliedere en vertellings word aangebied by die NG Robertson-Oos Gemeentesentrum op Donderdag, 17 November 2022 om 19:00. Nataniël deel die verhoog met Steinway-pianis, Charl du Plessis.

Geen kinders onder 15.

Koste:  Algemene sitplekke: R250

Kaartjies is by die Kerkkantoor beskikbaar.

Vir enige navrae kontak Elrika: 072 1789442  /  elrikavh82@gmail.com

Die Gemeente afkondigings kan hier afgelaai word. Die Afkondigings verskyn op ‘n weeklikse basis. Indien u ‘n afkondiging wil plaas, moet dit voor Donderdae, 12:30, via e-pos of telefonies aan ons Skriba gestuur word. Alle afkondigings wat na daardie tydstip gestuur word, sal eers die daaropvolgende Sondag verskyn. Afkondigings 2022